About Us

High quality jewellery is what we do.

Karlien's words:

My pa se droom vir my was om ‘n besigheidsvrou te wees, pappa dit lyk of pa se droom tog gaan waar word, goeie dinge vat mos tyd. “Moet tog net nie ‘n aktrise word nie, hulle maak nie geld nie”... het my pa altyd gesê. “Arm maar gelukkig pappa” het ek terug gesê...

Ek en Carlo se paaie kom al ‘n ruk lank, en oor ‘n sondag middag biertjie, het ons besluit om saam KVJ COLLECTION te begin, ‘n juwele reeks met my smaak, en sy kennis en bronne.
Ek sien so baie keer juwele waarvan ek hou maar nêrens kan kry nie, ons streef dus om eksklusiewe juwele van beste gehalte te maak... so alles in die reeks is iets wat tipies my smaak is, en nou hoop ek julle hou ook daarvan! Dankie vir elkeen van julle se ondersteuning! Hoop ons bring nog baie produkte uit wat julle harte laat vinniger klop!